Nadat sy weens die eise van haar loopbaan en lewe byna uitbrand, neem Hanna 'n blaaskans in Hawaii. Daar ontmoet sy die charismatiese Richard, sakeman en mede-eienaar van 'n groep koffiewinkels. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar en Hanna vergesel Richard op 'n sakebesoek aan Maui. Hanna verloor haar hart, maar Richard glo nie in langtermynverhoudings nie. Kan sy hom van plan laat verander of gaan hy haar hart flenters breek?